ⓘ God

                                     

ⓘ God

Die woord god verwys gewoonlik na n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met n kleinletter gespel word, is dit n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese te verwys, dit gewoonlik met n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as "God" verwys word, maar wanneer in n sekulêre bespreking na enige god verwys word, word dit met n kleinletter geskryf.

Die woord kom uit die Germaanse talegroep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".

                                     

1. God in die monoteïstiese gelowe

Moderne monoteïstiese konsepte kom van die Abrahamse tradisie.

  • Jahweh of Jehovah. Die naam van God soos geopenbaar in die Bybel Ou- en Nuwe Testament. Gebaseer op die Hebreeuse woord JHWH יהוה.
  • Allah - Islam/Arabies. Die nege-en-negentig name van Allah
  • Die Drie-eenheid die Vader, die Seun Jesus Christus, en die Heilige Gees) - hierdie leerstelling word geglo deur die meeste Christene. Die konsep van die Drie-eenheid is geformuleer tydens die Eerste Kerkvergadering by Nicaea in 325A.D.
                                     

2. Die bestaan van God

Argumente vir sowel as teen die bestaan van God is sedert die klassieke tye al bespreek.

  • Teologiese argument
  • Fideïsme
  • Ontologiese argument
  • Kosmologiese argument
                                     

3. Die eienskappe van God

Teologie is die studie van die Eienskappe van God. Daar is verskillende geloofstrukture om "God" op n sistematiese manier te verduidelik.

  • Animisme
  • Teïsme
  • Monoteïsme
  • Malteïsme
  • Monolatrïsme
  • Henoteïsme
  • Dualisme
  • Deïsme
  • Panteïsme
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →