ⓘ Sewe wonders van die wêreld

                                     

ⓘ Sewe wonders van die wêreld

Verskeie lyste van die Sewe wonders van die wêreld is van die klassieke tot moderne tye opgestel om die mees besondere natuurlike en mensgemaakte wonders te katalogiseer.

                                     

1. Klassieke wonders

Die antieke Grieke het Sewe Wonders van die Wêreld uitgewys, omdat die getal sewe vir hulle n magiese betekenis gehad het. Van dié sewe is net vyf deur die Grieke self gebou, maar almal lê binne die grense van Alexander die Grote se ryk.

Die sewe klassieke wonders is die:

  • Tempel van Artemis, Klein-Asie: ’n Griekse tempel vir die godin Artemis. Dit was gelee in Efese naby die moderne dorp Selçuk in die hedendaagse Turkye. Net die fondament en stukke beelde van die laaste tempel is nog op die terrein oor.
  • Zeus-standbeeld van Olimpia by Olimpia: ’n Standbeeld van ’n reusagtige, sittende figuur van sowat 13 meter hoog wat omstreeks 435 v.C. deur die Griekse beeldhouer Phidias gemaak is. Dit het in die Tempel van Zeus in die heiligdom Olimpia in Griekeland gestaan en het bestaan uit ivoor, goud en hout. Dit het die god Zeus voorgestel wat op ’n versierde sederhouttroon sit.
  • Groot Piramide van Giza in Egipte: Dit is ook bekend as die Groot Piramide van Cheops en is die oudste en grootste van die drie piramides in die Dodeakker van Giza wat grens aan die stad El Giza, Egipte. Dit is die enigste van die wonders wat redelik ongeskonde behoue gebly het.
  • Vuurtoring van Alexandrie, Egipte: Soms genoem die Pharos van Alexandrie, ’n vuurtoring wat tussen 280 en 247 v.C. deur die Ptolemeïese Ryk gebou is. Dit was tussen 120 en 137 meter hoog en baie eeue lank een van die hoogste strukture in die wêreld.
  • Mausoleum van Halikarnassos in Klein-Asie: Ook bekend as die Praalgraf van Mausolus. Dit was ’n praalgraf wat tussen 353 en 350 v.C. in Halikarnassos die hedendaagse Bodrum, Turkye gebou is vir Mausolus, ’n satraap in die Persiese Ryk, en Artemisia II van Karie, sy vrou en suster. Dit is ontwerp deur die Antiek-Griekse argitekte Satyros en Pytheos.
  • Kolos van Rhodos: ’n Reusagtige standbeeld van die Titaniese god Helios wat in 280 v.C. in die stad Rhodos, op die eiland Rhodos, deur Chares van Lindos gemaak is.
  • Hangende Tuine van Babilon: Dit is beskryf as ’n merkwaardige voorbeeld van die ingenieurswese en het ’n reeks vlakke met tuine gehad met ’n verskeidenheid bome en struike. Dit het soos ’n groot, groen berg gelyk wat van modderstene gebou is. Dit was in die ou stad Babilon gelee vandag in Irak.
                                     

2. Moderne wonders

Die American Society of Civil Engineers het die volgende wonders aangewys:

Nuwe sewe natuurwonders

New7Wonders of Nature 2007-2011 was ’n moderne poging om ’n lys van sewe natuurwonders op te stel. Dit is in ’n wêreldwye stemming aangewys een van die wenners was Tafelberg in Kaapstad, Suid-Afrika.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →