ⓘ Kirgisië

                                     

ⓘ Kirgisië

Kirgisie of Kirgistan, amptelik die Kirgiese Republiek, is n landingeslote land in Sentraal-Asie. Dit grens aan Kasakstan in die noorde, Oesbekistan in die weste, Tadjikistan in die suidweste en die Volksrepubliek China in die suidooste. Kirgisie beteken die "Land van veertig stamme", waarop ook die 40 strale van die vlag van Kirgisie dui.

Kirgisie beslaan n oppervlakte van 199 951 km² en het n bevolking van sowat 6.6 miljoen in 2020 gehad. Omtrent 76 persent van die bevolking is Moslems en sowat 73 persent is Kirgisiers, gevolg deur sowat 15% Oesbeke en 5% Russe. Kirgisie se geografie word veral deur groot bergreekse soos Pamir en Tiensjan gekenmerk; hier vloei ook die Sirdarja. Kirgisie het tot in 1991 as die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel uitgemaak van die Sowjetunie.

Kirgisie het nege provinsies область. Die provinsies is:

  • Issyk-Kul Karakol
  • Jalal-Abad Jalal-Abad
  • Osj stad
  • Batken
  • Bisjkek*
  • Naryn
  • Osj
  • Talas
  • Chui Chui-Tokmok

* Bisjkek is die hoofstad van Kirgisie, maar het ook die status van n provinsie.

                                     

1. Bronnelys

Algemeen
  • en "Kyrgyzstan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Januarie 2021.
  • en "Kyrgyzstan". Central Intelligence Agency. Besoek op 29 Januarie 2021.
                                     

2. Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kirgisie.
  • en Toerisme-inligting oor Kirgisie op Wikivoyage
  • Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Kirgisie.
  • ky ru Amptelike webwerf van die Kirgisiese regering
  • ky ru Amptelike webwerf van die Kirgisiese president
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →