ⓘ Nok-kultuur

                                     

ⓘ Nok-kultuur

Die Nok-kultuur was n beskawing wat tussen 400 v.C. en 200 n.C. in die sentrale deel van die huidige Nigerie bestaan het. Dit is teenswoordig veral bekend om sy terracottabeeldjies met versamelaarswaarde.

Die Nok-mense het in hul gevestigde samelewing n redelik hoe ontwikkelingspeil bereik en is die vroegste bewys van n georganiseerde samelewing in Afrika suid van die Sahara. Hulle het in dorpies gewoon, landbou en veeteelt beoefen en klipwerktuie gebruik. Van ongeveer 500 v.C. af het die mense die bewerking van yster baasgeraak en wapens, plaasgereedskap en juweliersware begin maak. Uit hierdie gebied het die vaardigheid suidwaarts in Afrika versprei.

Die ongeglasuurde erdeware met n bruinrooi kleur word beskou as die eerste kunswerke wat die suidelike deel van Afrika opgelewer het en word aanvaar as die bewys van die gevorderde kultuur se bestaan. Die bors- en standbeelde is hol en beeld gewoonlik mense uit wat sierade dra, maar ook beelde van diere en plante kom voor. Wat die doel van die beelde was, is onbekend. Waarskynlik het die beelde grafte aangedui of is dit gebruik as talismans in rituele seremonies by geboortes, troues en begrafnisse om die betrokkenes teen onheile soos misoeste, onvrugbaarheid en siektes te beskerm.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →