ⓘ Alexander von Humboldt

                                     

ⓘ Alexander von Humboldt

Friedrich Wilhelm Heinrich Alexander von Humboldt was n Duitse natuurvorser met n studieveld wat ver buite die grense van Europa gestrek het. Sy wetenskaplike werk, wat in n tydsbestek van meer as sewe dekades ontstaan het, het die destydse kennis oor die wêreld aansienlik vergroot en van hom een van die medestigters van die geografie as n empiriese wetenskap gemaak.

Alexander von Humboldt het navorsingsreise na Latyns-Amerika, die Verenigde State en Sentraal-Asie onderneem. Hy het self veldnavorsing oor onder meer fisika, chemie, geologie, mineralogie, vulkanologie oorkoming van neptunisme, plantkunde hy het plantgeografie as n wetenskap bevestig, dierkunde, klimatologie isoterme, oseanografie en sterrekunde, maar ook oor kwessies rakende ekonomiese geografie, etnologie en demografie gedoen. By die samestelling van sy wetenskaplike publikasies het hy met n groot aantal leidende internasionale deskundiges uit verskillende domeine gekorrespondeer en sodoende sy eie wetenskaplike netwerk geskep.

In Duitsland het hy veral met sy Ansichten der Natur "Beskouings oor die natuur" en sy Kosmos buitengewone gewildheid geniet. Die hoe aansien, wat hy reeds tydens sy leeftyd geniet het, word in byname soos "die tweede Kolumbus", "wetenskaplike herontdekker van Amerika", "vors van die wetenskap" en "die nuwe Aristoteles" volgens n opskrif op n gedenkmunt wat deur die Paryse Akademie van Wetenskappe uitgereik is. Von Humboldt is deur n verskeidenheid akademiee as lid aanvaar, waaronder die Duitse Leopoldinisch-Karolinische Akademie der Naturforscher, die Koninklike Pruisiese Akademie van Wetenskappe, die Beierse Akademie van Wetenskappe en die Duitse Akademie van Wetenskappe van Algemene Belang Akademie gemeinnütziger Wissenschaften.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →