ⓘ Koios

                                     

ⓘ Koios

Koios was in die Griekse mitologie een van die Titane, die reusagtige kinders van Uranos en Gaia. Hy was die god van wysheid in die mitologie en dus die slimste van die Titane.

Soos die meeste van hulle het hy nie ’n aktiewe rol gespeel in die Griekse godsdiens nie; hy verskyn net in lyste van Titane, soos in Hesiodus se Teogonie 133. Ovidius verwys in Metamorfoses VI.185 na Koios se obskure aard: "Latona, daardie Titaan wat Koios verwek het, wie hy ook al is". Volgens M.L. West in "Hesiods Titans" The Journal of Hellenic Studies 105, 1985:174–175 is Foibe se man Koios ’n selfs meer obskure karakter".

Koios was egter veral belangrik vanwee sy nakomelinge. Hesiodus noem onder andere Hekate, dogter van Asteria. By sy suster Foibe het Koios die kinders Leto en Asteria gehad. Leto het by Zeus, die seun van Koios se mede-Titane Kronos en Rea die tweeling Artemis en Apollo gehad.

Koios is saam met die ander Titane deur Zeus en die ander Olimpiese gode onttroon in die Titanestryd. Ná die oorlog is hy en die meeste van sy broers en susters na Tartaros verban.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →