ⓘ Veilige spesie

                                     

ⓘ Veilige spesie

’n Veilige spesie is ’n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir diere en plante wat nie kwalifiseer vir enige ander status soos bedreig, byna-bedreig of kritiek bedreig nie.

’n Spesie behoort nie in dié kategorie geplaas te word sonder deeglike evaluering van sy bevolking nie. Genoegsame inligting is dus nodig om te bepaal dat geen bedreiging die spesie in die gesig staar nie.

Hoewel die IUBN "Veilige spesies" nie beskou as ’n ware rooilyskategorie nie, val 15 636 spesies nog in dié kategorie soos in 2006. Dit sluit in 14 033 diere, wat verskeie ongespesifiseerde spesies insluit soos ’n padda van die genus Philautus. Daar is ook 101 dieresubspesies en 1 500 plante 1 410 spesies, 55 subspesies en 35 varieteite.

Die mens is in 2008 amptelik geevalueer en val ook in dié kategorie.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →