ⓘ Ronél Gill

                                     

ⓘ Ronél Gill

Ronél Gill is op 9 Oktober 1969 gebore as die oudste van drie kinders in Krugersdorp, waar George Pratley die enigste Suid-Afrikaanse produk wat al op die maan was vervaardig. Toevallig ook in dieselfde jaar wat George se Pratley Putty saam met die Apollo 11 op die maan land, 1969.

Sy was twee jaar oud toe haar ouers, Ernest en Ronel Combrink, Johannesburg toe verplaas is waar Ernest verbonde was aan die SAP se blitspatrollie-eenheid in Hillbrow. Dit is in Johannesburg waar haar broer Ernest jr. en haar suster Rina gebore word.

Op vyfjarige ouderdom stuur haar ouers Ronél na haar ouma toe nadat haar suster met n niersiekte gediagnoseer word wat haar meer in die hospitaal as by die huis het. Dit is by ouma Nellie waar Ronél haar skoolloopbaan afskop aan die Laerskool Cluver in Witbank en dit is ook hier waar haar hartseer en verlange haar die eerste keer na n pen en skryfblok laat gryp het.

Met haar hoerskoolloopbaan trek Ronél terug na haar ouers wat intussen Pretoria toe verhuis het. Sy voltooi standerd agt aan die Hoerskool Pretoria-Wes. Die volgende jaar sterf haar pa skielik en moet Ronél haar skoolloopbaan noodgedwonge kortknip.

Op negentienjarige ouderdom trou sy met Francois. Die huwelik hou egter net n jaar. Kort daarna word haar pragtige bruin-oog dogter Shené gebore. Drie jaar na Shené se geboorte ontmoet Ronél vir Cyril Gill. Hulle trou in dieselfde jaar. Twee jaar later gee sy geboorte aan Cyril jr.

Die Gill-gesin verhuis na Port Elizabeth en vir die volgende twaalf jaar raak Ronél baie nou betrokke by Port Elizabeth se gemeenskap. Sy lewer onder andere vrywillige diens aan die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging en gee ook lewensvaardigheidsklasse aan straatkinders by die Marhanatha-gemeenskapsentrum.

In 2008 verloor Ronél se suster Rina uiteindelik haar lange stryd teen haar niersiekte en kort daarna verhuis die Gill-gesin na Bronkhorstspruit sodat Ronél naby haar broer kan wees. Ná drie jaar in Bronkhorstspruit word Cyril verplaas na Nelspruit wat tans die tuiste van die Gill-gesin is.

                                     

1. Skryfwerk

Ronél Gill het drie fantasieboeke vir volwassenes geskryf: Man.of die Monster?, Wanneer die middernagson weer skyn en Jou lewe.vir my liefde.

In 2014 tree Ronél op as beoordelaar vir Thompson Boeke se jaarlikse kortverhaalwedstryd, in die afdeling Fantasie.

                                     

2. Toekennings en vermeldings

Ronél Gill is in 2013 deur die bekende Afrikaanse skrywer François Bloemhof as die wenner van die Afrikaanse wetenskapfiksie- en fantasiekortverhaalskryfkompetisie se Volwasse Fantasie-afdeling aangewys met haar kortverhaal getiteld: Die ánder noodlot.

François Bloemhof het die volgende oor haar verhaal geskryf:

"Die skrywer trek die leser se aandag met ’n ek-verteller wat jou persoonlik aanspreek, soos iemand wat ’n geheim deel. Natuurlik is dit ’n tegniek wat nie dikwels gebruik kan word nie, maar hier is dit besonder effektief. Nog beter is dat dit eers na ’n paar paragrawe duidelik word dat die verteller ’n" ek” is én dat, nadat hy op die onderskeid tussen gewone dagmense en die sinistere nagmense gewys het, hy aandui dat hy deel is van die tweede groep. Tot op daardie punt het die aanslag te verduidelikend gevoel, maar uit die mond van ’n betrokkene maak so ’n aanbiedingswyse sin. Dit voel vars en oorspronklik. Die stukkie met al die vrae na aan die einde kan korter wees, want die punt is gemaak en dit voel na variasies op ’n tema. Beletseltekens is ook net ’n goeie idee as dit spaarsamig voorkom. Die skryfstyl is glad. Die titel nooi die leser om te wonder watter noodlot dit kan wees, dan is die verhaal ’n grieselrige, maar informeel vertelde antwoord wat boonop stof tot nadenke bied."

                                     

3. Romans

  • Wanneer die middernagson weer skyn 2013 ISBN 978-986-89335-4-5
  • Man.of die Monster? 2011 ISBN 978-986-89335-2-1
  • Jou lewe.vir my Liefde 2013 ISBN 978-986-89335-6-9
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →