ⓘ Sport

Sport

n Sport kan omskryf word as n fisieke- of denkspel wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook as ontspanning beoefen word. Alle sporte het reels wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mense aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: n gesonde liggaam huisves n gesonde gees. Die woord sport is afgelei van die Franse woord desportes, wat rofweg as ontspanning vertaal kan word.

Kaptein (sport)

Vir die titel of rang binne seevaart- en militêre verband, sien kaptein. n Kaptein in sport is n spanlid wat sy span aanvoer en verteenwoordig. Die kaptein word meestal deur die afrigter aangewys, maar kan soms ook deur medespanlede verkies word. n Kaptein moet op die sportveld kan leiding neem en deur sy spanlede gerespekteer word. n Kaptein het ook gewoonlik sekere voordele en take om te verrig, soos om namens die span met die skeidsregter te kommunikeer, om kapteinsvergaderings te hou, om onderhoude met die media te voer, of om n beker of trofee namens die span te ontvang as hulle gewen ...

Padel (sport)

Padel tennis, Pádel of Paddle is n raket- en balsport, soortgelyk aan tennis. In die Verenigde State van Amerika en Kanada staan dit bekend as Paddle.

Tsepo Mhlongo

Tsepo Mhlongo is n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA. Tsepo Winston Mhlongo is n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is n lid van die Demokratiese Alliansie en het tot 2014 as raadslid vir die Stad Johannesburg gedien, waarna hy tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies is. Daarna is hy aangestel as skadu-adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Mhlongo word in Januarie 2017 die skaduminister van sport en ontspanning voordat hy in Junie 2019 as skaduminister van sport, kuns en kultuur verkies is.

Fietsry

Fietsry is die gebruik van fietse vir vervoer, ontspanning of vir sport. Fietsry is n baie effektiewe vervoermiddel vir kort- na middelafstande. Fietsry hou baie voordele in vergelyking met motorvoertuie, bv. goeie oefening, n alternatief vir die gebruik van nie-hernubare energiebronne, geen lug- of geraasbesoedeling, verminderde verkeersdruk, maklike parkering ens.

Thulas Nxesi

Thembelani Waltermade Nxesi is n Suid-Afrikaanse politikus en sedert 30 Mei 2019 Minister van Werkverskaffing en Arbeid. Hy was van 26 Februarie 2018 tot 29 Mei 2019 Minister van Openbare Werke, van 30 Maart 2017 tot 26 Februarie 2018 Minister van Sport en Ontspanning en van 31 Oktober 2010 tot 24 Oktober 2011 Adjunkminister van Plattelandse Ontwikkeling en Grondhervorming. Hy is sedert 6 Mei 2009 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Formule Een

Formule Een, dikwels afgekort tot F1 en ook bekend as Grand Prix -wedrenne, is die hoogste enkelsitplek motorwedrenklas. Dit is n internasionale motorsport, wat jaarlikse wêreldbestuurders- en vervaardigerskampioenskappe insluit. Baie geesdriftiges beskou dit as die toppunt van motorwedrenne; dit is ook die duurste sport ter wêreld, met gemiddelde spanbegrotings in die orde van honderde miljoene VSA-dollar. Dit is gebaseer rondom n reeks wedrenne, bekend as grands prix, op pasgemaakte bane of afgebakende strate. Die sport is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy ...

Makhenkesi Stofile

Makhenkesi Arnold Stofile was n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was die Minister van Sport en Ontspanning van 2004 tot 2010. Ten tye van sy dood was hy n ambassadeur in Duitsland. Stofile is in Adelaide in die Oos-Kaap gebore. Hy het vir n meestersgraad in teologie aan die Universiteit van Fort Hare studeer. In 1983 het hy n MA van die Princeton-universiteit verwerf. Stofile het in 1963 by die African National Congress aangesluit. Hy is deur die destydse Ciskeise regering vir die herberg van terroriste aangekla en is drie jaar tronkstraf opgelê. Hy was ook n geordende predikant van die Veren ...

Ford Fiesta RS WRC

Die Ford Fiesta RS WRC is die wêreldtydrenmotor wat vir die Ford Wêreldtydrenspan gebou is deur Ford en M-Sport vir gebruik in die 2011 Wêreldtydrenseisoen. Dit is gebaseer op die Ford Fiesta padmotor, en die Ford Focus RS WRC, wat in verskeie weergawes deelgeneem het sedert 1999. Dit is ook gebou volgens die nuwe wêreldtydrenmotorregulasies vir 2011, wat gebaseer is op die bestaande Super 2000 regulasies, maar aangedryf word deur n Ford EcoBoost turbo-aangejaagde 1.6 liter-enjin, eerder as die normaalgeaspireerde 2 liter-enjin wat in Super 2000 motors gebruik word. M-Sport en Ford het n S ...

Adidas

Adidas AG is n groot Duitse vervaardiger van sportsware. Die maatskappy is vernoem na sy stigter, Adolf Dassler. Dit is die tweede grootste vervaardiger van sportsware ter wêreld na Nike. Dit is die beheermaatskappy van die Adidas-groep, wat bestaan uit die Reebok-sportdragonderneming, 8.33% van die Duitse sokkerklub Bayern München, Taylormade vir gholf-toerusting, Maxfli vir gholfballe, Adidas gholf en Runtastic, n Oostenrykse fiksheidstegnologie-onderneming. Die maatskappy is deur Adolf Dassler in die huis van sy moeder gestig; sy ouer broer Rudolf het hom in 1924 vergesel onder die naam ...

Armdruk

Armdruk is n sport waaraan twee spelers op n slag deelneem. Elke speler plaas een arm op n plat oppervlak met hulle elmboe gebuig, en gryp mekaar se hande. Die doel is om die opponent se hand op die oppervlak vas te pen. Die wenner se hand moet bo die van die verloorder sin opeindig.

Johan Fourie

Johan Fourie is n Suid-Afrikaanse middelafstand-atleet wat in die 1980s een van die wêreld se voorste 1500m / myl-atlete was, maar is verhinder om tydens sy piek internasionaal te kompeteer weens die sportsanksies wat teen Suid-Afrika opgelê is in veroordeling van die apartheidsbeleid. Fourie se beste 1500m-vertoning was 3:33.87, n tyd wat in 1987 by die SA Kampioenskappe in Stellenbosch aangeteken is, sonder beduidende teenstand of pas-aangeers. Sy beste myl-tyd was 3:50.82, aangeteken in 1987. In die middel van die 1980s het hy saam met die Switserse ster Pierre Delèze in Europa geoefen. ...

GABA spronge

GABA spronge, soms ook BASE jumping, is valskermspring of vleuelpakspring wat van n vaste struktuur of afgrond af onderneem word. "GABA" is n akroniem wat bestaan uit vier kategoriee vaste voorwerpe waaruit n mens kan spring: gebou, antenna, brug en aarde. Vanwee die laer hoogte van die spronge, is GABA-spring aansienlik gevaarliker as valskermspring vanuit n vliegtuig. In die VSA word GABA-spring tans deur baie mense beskou as n ekstreme sport of waaghalstoertjie. Die akroniem "BASE" is deur die rolprentmaker Carl Boenish, sy vrou Jean Boenish, Phil Smith en Phil Mayfield geskep. Carl Boe ...

Gewigstoot

Gewigstoot is n velditem in atletiek wat die stoot van n swaar sferiese ysterbal, sover as moontlik, deur n atleet behels. Die gewigstoot vir mans is al deel van die moderne Olimpiese spele sedert die herinstelling daarvan in 1896. Vroue se deelname het in 1948 begin. Die gewig wat gestoot word is 7.26 kg vir mans en 4 kg vir vroue swaar. Dit moet vanuit n sirkel met n deursnee van 2.135 m gestoot word. Die Antieke Grieke het klippe gewerp as n sport, maar in hierdie vorm gaan dit eintlik terug op die vroeere weergawe van gewigstoot in die Skotse Hoogland-spele.

Halfmaraton

n Halfmarathon is n item wat op pad gehardloop word. Die afstand daarvan is 21.0975 km - die helfte van n marathon se afstand. Dit gebeur gewoonlik dat n halfmarathon terselfdertyd as n marathon en 5 000 meter wedloop plaasvind deurdat amper dieselfde baan met n laat wegspring, vroee voltooiing of kortpaaie gebruik word. n Wêreldrekord in die Halfmarathon word amptelik erken deur die International Association of Athletics Federations, of die IAAF. Die wêreldrekord vir mans is 57:32, deur Kibiwott Kandie van Kenia opgestel in Desember 2020 in Valencia, Spanje. Vir vroue is die wêreldrekord ...

Handjietennis

Handjietennis is n baie gewilde skoolspeletjie wat grootliks in Suid-Afrika gespeel word. Dit behels n bal, en oor die algemeen 2 of 4 blokke en 2 of 4 spelers onderskeidelik. Alhoewel daar soms met 3 blokke of ander hoeveelhede gespeel word.

Lyfbranderry

Lyfbranderry is die kuns en sport om branders te ry sonder die benutting van toerusting soos n branderplank of lyfplank. Lyfbranderryers sal normaalweg slegs swemvinne gebruik om hulself in die water mee voort te stu. Sommige beoefenaars van die sport sal ook n klein bordjie in hul hand gebruik om oor die water te skeer en te help met posisionering op die oppervlak van die brander. Hierdie toerusting help ook om ekstra spoed op die brander te genereer. Gevorderde lyfbranderryers voer dikwels ook toertjies op die branders uit.

Lys van sportsoorte

Dit is n lys van sporte met n artikel op Wikipedia, gerangskik volgens die manier van beoefening. Discuswerp - Hamergooi - hardloop - Driesprong - Hoogspring - Hekkies - Gewigstoot - marathon - Paalspring - stapwedloop - speerwerpen - sprint - tienkamp - driekamp - verspring - rolstoelresies - Sewekamp

Maraton

Alhoewel die woord maraton soms gebruik word om enige gebeurtenis wat lank aanhou of wat uithouvermoe verg, te beskryf, is n maraton tegniesgesproke n wedloop oor n afstand van 42.2.195 km. n Half maraton is 21.1km Die naam van die wedloop gedenk n gebeurtenis toe Feidippides, n Griekse soldaat wat, volgens Herodotus boek IV, 105 n afstand van ongeveer 230 km 140 myl gehardloop het vanaf die dorp Marathon na Sparta om hulp te ontbied.

MMA

MMA, is ’n vollekontak-vegsport wat ’n kombinasie is van onder andere boks, karate, judo, stoei en jiu-jitsu. Vuishoue, skoppe, gooie en bindingstegnieke word toegelaat en die geveg vind regopstaande plaas sowel as lêend op die krytvloer. Hoewel die gevegte in ’n kryt plaasvind wat omring is deur ’n heining, moet dit onderskei word van ongereguleerde hokgevegte cage fighting wat nie ’n erkende, georganiseerde sport is nie.

Motorsport

Motorsport is n sport waar deelnemers motoraangedrewe voertuie gebruik om teen mekaar mee te ding. Dit word beoefen sedert kort na die maak van die eerste petrol-aangedrewe motorkarre.

Muurbal

Muurbal is n raketsport wat deur twee deelnemers in n geslote ruimte gespeel word. Tydens die spel word n klein rubberballetjie met n raket teen die voorste muur geslaan. Die doel is om die teenstander te klop deur die bal te slaan en twee keer te laat bons voordat die opponent daarby kan uitkom, of om die opponent te dwing om die bal buite spel te slaan. Muurbal is n binnenshuise spel wat 2 spelers met n klein rubberbal en rakette speel. Die doel is om die bal op so n wyse teen die mure van ʼn vertrek te slaan dat die teenstander dit of nie kan bereik voordat dit 2 keer op die vloer gewip ...

Parkour

Parkour is n moderne, nie-kompeterende sport wat fokus op elegante en effektiewe beweging in n stedelike omgewing. Die doel is om so vinnig moontlik te beweeg oor struikelblokke en daarom word die sport gekenmerk deur bewegings soos om te spring, om te duik en om te klouter. Puriste glo dat parkour gaan oor die beweging van punt na punt B op die mees effektiewe manier en dus is die ideaal om in n reguit lyn te beweeg. Die naam parkour is immers afkomstig van die Franse woord "parcours" wat pad beteken. Daar word deesdae egter flambojante en waaghalsige beweginge in die sport ingesluit om d ...

Parkrun

Parkrun is n versameling hardloop/stap-aktiwiteite van 5 km wat elke Saterdagoggend op meer as 1 400 plekke in drie en twintig lande oor vyf kontinente plaasvind. Parkrun-gebeure is verniet om aan deel te neem en word bestuur deur vrywilligers, ondersteun deur n klein groepie personeel in die hoofkwartier. Die aktiwiteit is inklusief, enigiemand kan deelneem, van pensioenarisse tot ouers met hul kinders, mense met hul honde, rolstoelgebruikers, persone wat stootwaens stoot, klubhardloopers of terloopse hardlopers. Beginnerhardloopers, ouer volwassenes en oorgewig mense neem algemeen aan Pa ...

Rolbal

Rolbal is n sport waar balle op n grasbaan gerol word. Die doel is om jou bal so naby as moontlik aan die kleiner doelbal, die "witte" ook die "jack" of "kitty" genoem, te rol. Vir elke bal wat nader as die teenstander se bal opeindig, kry jy n punt. Dit word individueel of in spanne van twee, drie of vier spelers elk gespeel. Dit word meestal buitekant op grasbane beoefen, hoewel dit in sekere stadions ook binnenshuis op natuurlike gras of n kunsoppervlak gespeel word. Dit word deur sowel mans as vroue gespeel, en hoewel dit hoofsaaklik deur ouer mense beoefen word, stel al hoe meer jong ...

Rotsklim

Rotsklim is n aktiwiteit waarin deelnemers op, af of oor natuurlike rotsformasies of kunsmatige rotsmure klim. Die doel is om die bopunt van n formasie of die eindpunt van n vooraf gedefinieerde roete te bereik sonder om te val. Om n klim suksesvol te voltooi, moet n mens veilig terugkeer na die basis van die roete. As gevolg van die lengte en uitgebreide uithouvermoe vereis, gebeur ongelukke meer tydens afdaling as klim, veral op die groter en saamgestelde pieke. Rotsklim is n fisiek en geestelik veeleisende sport, dit toets dikwels n klimmer se krag, uithouvermoe, behendigheid en balans ...

Ski

Ski is n metode van vervoer en n wintersport waar mense met behulp van skis oor sneeu of ys gly. Mense wat ski word skiers genoem. Spesiale toerusting word hiervoor benodig, onder andere n paar ski-stewels met bypassende ski-planke. Warm klere, insluitende n mus en handskoene, is noodsaaklik om die skier teen die koue te beskerm. In Suider-Afrika is daar slegs twee oorde wat ski-geleenthede bied, die Tiffindell Ski-oord in Suid-Afrika en Afriski in Lesotho.

Spring

Spring is n metode van beweging waar n organisme of n nie-lewende meganiese sisteem homself deur die lug oor n ballistiese trajek voortdryf. n Sprong kan van ander vorme van beweging onderskei word deur die relatief lang periode in die lug asook die skerp hoek waarteen daar gelanseer word. Sommige diere, soos die kangaroe, gebruik spronge as die primêre metode van voortbeweging, terwyl ander, soos die padda dit slegs gebruik om van roofdiere te ontsnap. Spring is ook n belangrike aksie tydens speel en die beoefening van sport. Kinders huppel soms as hulle speel, terwyl sportsoorte soos ver ...

Suid-Afrikaanse Bofbalunie

Die Suid-Afrikaanse Bofbalunie is die nasionale beheerliggaam van bofbal in Suid-Afrika. Bofbal word in alle provinsies gespeel, maar dit is nie n toonaangewende sport nie as gevolg van die gewildheid en relatiewe sukses van die vergelykbare sport van krieket, waarin Suid-Afrika een van die leidende lande is. Die Unie is n lid van die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie WBSC, en die Internasionale Bofbalfederasie IBAF. SABU is ook geaffilieer met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee SASCOC wat saam met Sport en Ontspanning Suid-Afrika SRSA alle georganiseerde sport in ...

                                     

Helmond Sport

Helmond Sport is n sokkerspan in die dorp Helmond, wat in die Nederlandse Eerste divisie speel. Die span speel sy tuiswedstryde in Stadion De Braak, wat 4100 toeskouers kan herberg. Helmond Sport is in 1967 gestig as professionele afsplitsing van Helmondia 55.

                                     

SC Corinthians Paulista

FIFA Wêreldbeker vir Klubs 2 2000, 2012 Kampioen van Brasilie 7 1990, 1998, 1999, 2005, 2011, 2015, 2017 Brasilie Beker 3 1995, 2002, 2009 Brasiliaanse Supercup 1 1991

                                     

Ford Fiesta S2000

Die Ford Fiesta S2000 is n Super 2000-tydrenmotor gebou deur M-Sport. Dit is gebaseer op die Ford Fiesta produksiemotor. Dit het sy rendebuut by die 78ste Rallye Monte Carlo in 2010 gemaak, met die fabriekspan M-Sport en bestuurders Mikko Hirvonen en Julien Maurin. Hirvonen het die tydren gewen.

                                     

An Byeong-hun (Gholf)

An Byeong-hun, of Byeong-Hun An, is n professionele Koreaanse gholfspeler. In Augustus 2009 het hy die jongste wenner ooit van die Amerikaanse Amateurtoernooi geword. Hy is in Seoel, Suid-Korea gebore en is die seun van Ahn Jae-hyung en Jiao Zhimin, albei voormalige medaljewenners in tafeltennis by die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel.

                                     

Dibeke

Dibeke of skununu is n balspeletjie inheems aan Suid-Afrika met spanne van twaalf spelers elk wat beurte neem as aanvallers en verdedigers wat lopies probeer behaal. Die sport is n sokkeragtige weergawe van stingers of dodge ball wat met n plastiek bal gespeel word. Die bal word sover as moontlik van die verdedigende span af geskop en dan word daar oor die veld gehardloop terwyl gepoog word om nie deur die bal getref te word nie.

                                     

Iranse Hokkiefederasie

Die Iranse Hokkiefederasie is die nasionale beheerliggaam vir hokkie in Iran. Dit is verbind aan die Internasionale Hokkiefederasie. Die hoofkwartier van die federasie is in Teheran. Die IHF se interim-president is Dr Bahram Ghadimi en die sekretaris is Hassan Abazari.

                                     

Longue paume

Longue paume is n buitemuurse weergawe van jeu de paume, n voorganger van moderne tennis. Honderde jare gelede was dit baie gewild, veral in Frankryk. Dit is een van die sportsoorte wat by die 1900 Somer Olimpiese Spele gespeel is. Vandag word die spel hoofsaaklik in die Picardiestreek gespeel. Die beheerliggaam van die sport is die Fédération Française de Longue Paume met sy hoofkantoor in Amiens.

                                     

Netbal

Netbal is n spansport waarin twee seweledige spanne punte probeer aanteken deur n bal deur n korf te gooi. Die spel het in die Verenigde State as n variant van basketbal vir vroue ontwikkel. Die eerste spelreels is in 1895 deur Clara Gregory Baer opgestel. Netbal word deur 20 miljoen speelsters in meer as 70 lande gespeel. Dit is veral n gewilde sport in die Britse Statebond.

                                     

Seil

Seil is n sport waar n seilskip, seilboot of seilplank deur die water gedryf word, of waar n seilkar of ysslee oor land gedryf word met behulp van windkrag. Die seiler moet deur die wind te lees die wind sodanig op die seile konsentreer dat hy die spoed en rigting van die vaartuig kan beheer.

                                     

Seilplankry

Seilplankry is n watersport wat met behulp van n branderplank waarop n seil gemonteer is beoefen word. Die mas word aan die plank gemonteer deur middel van n vryroterende kruiskoppeling. Aan die mas word n gevurkte boom gemonteer. Die seil wat tussen die mas en boom gespan word het tipies n oppervlakte van tussen 3 en 12 m 2.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →