ⓘ Stelsels

Elliptiese sterrestelsel

’n Elliptiese sterrestelsel is ’n sterrestelsel wat min of meer ovaalvormig is. Hulle het ’n egalige voorkoms wat helderheid betref. Dit is een van die drie hoofklasse sterrestelsels wat oorspronklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936-werk The Realm of the Nebulae, saam met spiraal- en lensvormige sterrestelsels.

Besproeiing

Besproeiing is die kunsmatige natlei van plante deur die toediening van water. Besproeiing is noodsaaklik in droe gebiede of as die natuurlike reenval onvoldoende is. Die water vir besproeiing kan uit n dam, rivier of boorgat gepomp word. n Besproeiingstelsel word gewoonlik ingespan om die taak te outomatiseer. Besproeiing is vir die eerste keer in Suid-Afrika net na die koms van Jan van Riebeeck in die Kaap toegepas.

Dwergsterrestelsel

’n Dwergsterrestelsel is ’n klein sterrestelsel wat uit tot verskeie miljarde sterre bestaan, ’n klein aantal in vergelyking met die Melkweg se 200–400 miljard. Die Groot Magellaanse Wolk met sy 30 miljard sterre word soms as ’n dwergstelsel geklassifiseer, terwyl ander dit beskou as ’n volle sterrestelsel wat om die Melkweg wentel.

Atlas of Peculiar Galaxies

Die Atlas of Peculiar Galaxies is ’n sterrekundekatalogus van ongewone sterrestelsels wat deur die Amerikaanse sterrekundige Halton Arp opgestel is. Daar is altesaam 338 stelsels in die katalogus, wat oorspronklik in 1966 deur die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie gepubliseer is. Die hoefdoel daarvan was om fotos van die verskillende soorte nabygelee, ongewone sterrestelsels te verskaf. Arp het besef die rede hoekom sterrestelsels spiraal- of elliptiese stelsels word, is nie baie duidelik nie. Hy het ongewone stelsels beskou as klein "eksperimente" wat sterrekundiges kon bestudeer om d ...

Spiraalsterrestelsel

’n Spiraalsterrestelsel is ’n soort sterrestelsel wat aanvanklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936-werk The Realm of the Nebulae. Dié stelsels bestaan uit ’n plat, roterende skyf van sterre, gas en stof en ’n bolvormige, sentrale verdikking. Dit word omring deur ’n baie dowwer halo van sterre, waarvan baie bolswerms vorm. Die naam kom van die spiraalagtige strukture wat van die middel van die stelsel na buite loop. Voortdurende stervorming vind in die spiraalarms plaas en hulle is helderder as die omringende skyf vanwee die jong, warm OB-sterre wat in hulle voorkom. Rofweg twee derde ...

Sterrestelsel

’n Sterrestelsel is ’n massiewe stelsel wat deur swaartekrag gebind word en bestaan uit sterre, gas, stof en ’n belangrike, dog duistere komponent wat as donkermaterie bekendstaan. Tipiese sterrestelsels strek van dwergsterrestelsels met so min as 10 miljoen sterre tot reusestelsels met tot 1 biljoen sterre. Die sterre wentel om die sterrestelsel se massamiddelpunt, of gemeenskaplike swaartepunt. Sterrestelsels kan ook veelvoudige sterre, sterreswerms en verskeie interstellêre wolke bevat. Die Son is een van die sterre in die Melkweg: die sterrestelsel wat die Sonnestelsel en Aarde bevat. ...

Stelselteorie

Stelselteorie is n interdissiplinêre studieveld wat die verhoudings van stelsels in hul geheel bestudeer. Een van die oudste vorms van stelseldenke word gevind in die Chinese I-Ching of die Boek van verandering wat gebaseer is op die onderliggende filosofie dat die heelal bestaan uit Jin- en Jangpolariteite. Alle situasies word deur 64 heksagramme uitgebeeld wat bestaan uit ses Jin- en Janglyne. Hierdie stelselbenadering word gebruik om insig te kry oor situasies. Algemene stelselteorie was oorspronklik voorgestel deur die Hongaarse bioloog Ludwig von Bertalanffy in 1928. Voor Von Bertalan ...

Onreëlmatige sterrestelsel

’n Onreelmatige sterrestelsel is ’n sterrestelsel wat nie ’n kenmerkende vorm het soos ’n spiraal- of elliptiese sterrestelsel nie. Sulke stelsels val nie in enige gewone klas soos deur Edwin Hubble bepaal nie en hul voorkoms is soms chaoties – hulle het nie ’n sentrale bol of duidelike spiraalarms nie. Saam maak hulle omtrent ’n kwart van alle sterrestelsels uit. Die meeste onreelmatige stelsels was eens elliptiese of spiraalstelsels, voordat swaartekragsteurnisse hulle misvorm het. Hulle bevat groot hoeveelhede gas en stof. Daar is twee Hubble-hoofklasse: ’n "Irr I"-stelsel is ’n onreelm ...

Eksoplaneet

’n Eksoplaneet of ekstrasolêre planeet is ’n planeet buite die Sonnestelsel. Tot en met 1 Maart 2013 was altesaam 861 sulke planete geïdentifiseer. Teen 1 Mei 2021 was daar 4 719 bevestigde eksoplanete in 3 490 planeetstelsels, met 772 stelsels wat meer as een planeet het. Daar is dus ’n voortdurende stroom nuwe ontdekkings. Wat meer sê, die Keplersending het reeds ’n paar duisend bykomende kandidate opgespoor, insluitende ’n paar honderd wat lewe sou kon huisves.

Interaktiewe sterrestelsel

Interaktiewe sterrestelsels is sterrestelsels waarvan die swaartekragvelde mekaar versteur. ’n Voorbeeld van ’n klein interaksie is wanneer ’n satellietstelsel die spiraalarms van die primêre stelsel versteur. ’n Voorbeeld van ’n groot interaksie is die botsing van twee stelsels.

Termodinamiese stelsel

n Termodinamiese stelsel is n toestel of kombinasie van toestelle wat materie bevat en wat bestudeer word. Die woord toestel kan hier baie ruim geïnterpreteer word. Die koelkas, die reageerbuis, die menslike liggaam, die aarde of die melkweg of selfs die heelal kan almal toestelle wees. Die res van die heelal, buite die stelsel wat ons bestudeer word die omgewing genoem. Daar is verskeie soorte stelsels: oop stelsels kan hitte, werk en materie met die omgewing uitwissel geïsoleerde stelsels kan geen hitte, werk of materie met die omgewing uitwissel nie geslote stelsels kan hitte of werk me ...

Stelsel

n Stelsel is n groep van verwante entiteite wat interaksie het met mekaar om n verenigde geheel te vorm. n Stelsel word bepaal deur sy ruimtelike en tydelike grense, omring en beïnvloed deur sy omgewing, beskryf deur sy struktuur en die doel daarvan, en word uitgedruk in sy werking daarvan. Stelsels word bestudeer in sisteemteorie.

                                     

Lengte

Lengte is die langste dimensie van n voorwerp en word soms sinoniem gebruik met afstand. Lengte is die maat van een dimensie, waar area die maat van twee dimensies, en volume die maat van drie dimensies is. Lengte is n basiseenheid in meeste stelsels van eenhede, bedoelende dat ander eenhede saam met ander basiseenhede daarvan afgelei word sien SI-stelsel

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →