ⓘ Beroepe

Siektedatabasis

Die siektedatabasis is ’n databasis op ’n gratis webtuiste wat inligting oor die verwantskap tussen mediese toestande, simptome en medisynes verskaf. Dit word deur Medical Object Oriented Software Enterprises Ltd, ’n klein maatskappy in Londen in die Verenigde Koninkryk, onderhou. Die webwerf se verklaarde doel is "onderrig, agtergrondleesstof en algemene belang". Sy beoogde gehoor is "dokters, ander kliniese gesondheidswerkers en studente van hierdie beroepe". Die redakteur van die webwerf word as Malcolm H Duncan, n gekwalifiseerde Britse dokter, aangedui. Die siektedatabasis is rondom n ...

Engels

Hierdie artikel handel oor die Engelse taal. Sien gerus Engels dubbelsinnig vir ander artikels met n soortgelyke titel. Engels is n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca -status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik ...

Sesjat

Sesjat was in die Egiptiese mitologie die godin van wysheid, kennis en skrif. Sy is beskou as ’n skriba en boekhouer en die een wat skrif ontdek het. Sy is ook later verbind met landbou, sterrekunde, astrologie, bouwerk, wiskunde en landmeting. Dit is alles beroepe wat op haar talente staatmaak. In sommige laat tekste is sy Safech-Aoebi genoem.

Gereformeerde kerk Reitz

Die Gereformeerde kerk Reitz is die sewende oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat. Die gemeente het in 1941 afgestig van die Gereformeerde kerk Bethlehem. GK Reitz het 56 belydende en 13 dooplidmate einde 2019 die vierde kleinste van die nege gemeentes in Klassis Oos-Vrystaat. Buiten die hoofdorp, Reitz, sluit die gemeente ook Danielsrus, Petrus Steyn en Tweeling in. Tans deel GK Reitz en GK Lindley die beroepe predikant, wat in die pastorie in Reitz woon. Die predikant lei die erediens om 8:00 en vertrek daarna na Reitz om die erediens om 10:00 te lei.

NG gemeente Albertyn

Die NG gemeente Albertyn is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die dorp Ellisras in Limpopo. Dis aan die mees westelike grens van Limpopo, aan die Krokodilrivier, gelee. Dit was eers n deel van die gemeente Waterberg en later van Waterberg-Noord.

Cornelius Agrippa

Heinrich Cornelius Agrippa von Nettesheim is gebore op 14 September 1486 in Keulen. Hy sterf in Grenoble of Lyon in 1534 of 1535. In 1515 het Agrippa klasse aangebied by die Pavia-Universiteit op Pimander waar hy doktorale studie onderneem het in regte en geneeskunde. Cornelius Agrippa is bekend vir sy letterkundige werk in die filosofie van okkultisme wat in 1531 gepubliseer is. Agrippa het verskeie beroepe gehad maar het homself toegespits op die bestudering van Okkultisme. In hierdie werk belig hy verskeie konsepte wat onderliggend aan die okkultisme na vore soos byvoorbeeld alchemie, a ...

                                     

Biblioteekkunde

Biblioteekkunde is die studie van die logiese ordening en dokumentering van menslike kennis, en die bybehorende beroepe heet Bibliotekaris en Bibliograaf. Die eerste handboek oor die onderwerp het in Duits verskyn. Die eerste Amerikaanse skool vir Biblioteekkunde is in 1887 deur Melvil Dewey aan die Columbia Universiteit gestig. Biblioteekkunde moet onderskei word met argiefwetenskap, wat die studie van die vaslegging van doelgerigte versamelde menslike kennis is.

                                     

Eiendomsagent

n Eiendomsagent is n persoon wat namens n verkoper van nie-roerende goedere optree. In Suid-Afrika moet alle eiendomsagente volgens die Wet op Eiendomsagenskapsake, Wet 112 van 1976, geregistreer wees By die Raad vir Eiendomsagentskapsake. Elke eiendomsagent word dan uitgereik met n Vertrouendsfonds-sertifikaat en moet hy/sy voldoen aan die bepalinge van die gedragskode soos deur die wet bepaal.

                                     

Lugwaardin

n Vlugbeampte, vlugkelner of lugwaardin is n persoon wat in die kajuit van n passasiersvliegtuig na die veiligheid en die versorging van die passasiers omsien. Van hulle take sluit in: Sien om dat passasiers vasgordel tydens die opstyg en landing van die vliegtuig; Bediening van maaltye, versnaperings en drankies; en Lig passasiers in aangaande veiligheid op die vliegtuig; Kyk dat passasiers die reels gehoorsaam.

                                     

Sagtewareontwikkelaar

n Sagterwareontwikkelaar is n persoon of n organisasie wat betrokke is in die sagtewareontwikkelingsproses. Sagtewareontwikkeling behels meer as net ontwerp en kodering.

                                     

Toerleier

n Toerleier of toergids verskaf inligting en bystand aan mense op georganiseerde toere, individue kliente en opleidingsinstansies by religieuse en historiese plekke, museums en by ander plekke van belang. Hulle het n erkende nasionale of plaaslike toeriste-kwalifikasie. Diploma NQF-360 Krediete)nodig.

                                     

Vragmotorbestuurder

n Vragmotorbestuurder of trokdrywer is n mens wat as deel van sy of haar beroep vragmotors bestuur. Vragmotorbestuurders voorsien geïndustrialiseerde samelewings van n noodsaaklike diens deur roumateriaal en vervaardigde goedere tussen fabrieke en handels- en verspreidingssentrums te vervoer.

                                     

Werk

Werk is liggaamlike en geestelike inspanning wat daarop gerig is om iets te doen of te maak. Werk kan ook verwys na dit wat mense doen of gedoen moet word - met of sonder betaling. Die produkte van werk sluit in: werkstuk oeuvre somtotaal van n kunstenaar se werke opus komposisie Mense gaan gewoonlik na n werkplek waar hulle werk. Die werkplek is dus n plek waar kundiges bymekaarkom om n spesifieke werk te beoefen. Die werkplek word ook toegerus om die betrokke aktiwiteite te ondersteun.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →